NETBAL
Me. Natasha Malan –natasha@htsmiddelburg.co.za
Kontak asb. die betrokke afrigter
Gemaklike oefendrag, volgens skoolreëls.
Netbaldrag is beskikbaar by die Rooies Klerewinkel
- Vyf weervaste bane, twee hoofbane toegerus met spreiligte.
- Binnenshuise sportsentrum met twee wêreldklas bane.
- HTS Middelburg neem deel aan die Mpumalanga grootskoleliga.
- Ons spog jaarliks met ‘n gemiddeld van tien provinsiale spelers.
- Afrigters en skeidsregters met nasionale akkreditasie.
- HTS Middelburg bied vanaf 2022 die Basonani B-spanne Rooi-toernooi aan. Tydens dié toernooi word daar gefokus op spesifieke ontwikkeling van B- tot F-spanne.
- Toere, klinieke en toernooie word gedurende die jaar bygewoon.
- Nasionale vlak 2-akkreditasie.
- Deel van die netbalwêreldbeker afrigtingkongres wat in Kaapstad plaasgevind het.
- Lid van die Nkangala-komitee met die portefeuljes: Afrigterskoördineerder en Proewekoördineerder.
- Trotse eienaar van die Absolute Netball Akademie.
- Spesialiseer in privaat netbalafrigting.
- Deel van SASN se talentidentifisering en keuringpaneel.