INSKRYWINGS

AANSOEK OM TOELATING VIR GRAAD 8

Liewe Amper-Blougat & Ouers

Uitnodiging om by HTS Middelburg aansoek te doen

Dankie vir u belangstelling om u kind by HTS Middelburg in te skryf.  Aansoeke vir Graad 8 sal van begin Mei oop wees.
Voltooi asseblief die onderstaande elektroniese aansoekvorm om vir u kind aansoek te doen om toelating tot HTS Middelburg. 

Dokumente benodig om aansoek te doen:

Daar sal van u verwag word om die onderstaande skakel te volg en alle vereiste dokumente na die skakel op te laai. Die volgende dokumente moet op u rekenaar gestoor wees, voordat die skakel oopgemaak word:

  • ‘n Afskrif van die leerder se geboortesertifikaat.
  • Die leerder se mees onlangse skoolrapport / oorplasingsertifikaat.
  • ‘n Onlangse ID-foto van die leerder.
  • ‘n Afskrif van die mediesefondskaart.
  • Afskrifte van beide ouer(s)/voog(de) se ID-dokumente.
  • Doodsertifikaat van ouer indien van toepassing.
  • Indien een van die ouers se inligting nie beskikbaar is nie, heg asseblief ‘n beëdigde verklaring aan wat verduidelik hoekom die inligting nie beskikbaar is nie.
  • Bewys van adres (Water- en elektrisiteitsrekening van die munisipaliteit).

Koshuisaansoeke

Koshuisaansoeke word goedgekeur indien jou skoolaansoek ook suksesvol was.  Die koshuisplasings vind gedurende November plaas.  U sal dan ‘n skrywe ontvang van mev. Mari Smith met die nodige inligting rakende die koshuis.

Ons sien uit om van u te hoor, skryf so gou as moontlik in om teleurstelling te voorkom. 

Rooies-groete
HTS Middelburg Bemarking

Stappe om aanlyn te registreer (Registrasie open 1 mei 2026)

STAP 1 – Skep van profiel op die stelsel

Klik op dié skakel om stap 1 te voltooi: (hou ctrl in en klik) 

Rig alle navrae ten opsigte van die inskrywingsprosedure aan die skoolkantoor by 013 282 6029 of stuur ʼn e-pos:  

  1. Mev. Mariëtte du Buson e-pos: blougat@htsmiddelburg.co.za