Welkom by ‘n nuwe hoofstuk in jou skoolloopbaan. Vakkeuses vir graad 10 is ‘n baie belangrike besluit wat jou toekoms beïnvloed. WANNEER JY VAKKE KIES, IS DIT BELANGRIK OM TE KYK NA DIE VOLGENDE VRAE: Van watter vakke hou jy? Slaag jy die vakke? Sal die vak jou eendag in jou beroep bevoordeel? Van watter vakke hou jy nie? Wat is jou belangstelling? Wat is jou vermoëns (die dinge wat jy goed kan doen)? Wat is jou sterkpunte? Wat is jou swakpunte?
Tuis

Gr. 7’s! Skryf nou in!

Bakgat… Ougat… Blougat!

Liewe Blougat

Lees gerus ons Blougatboekie – alle inligting en nog méér sal jy daarin vind.

HTS Middelburg is ‘n oopkop-skool wat tred hou met die moderne wêreld sonder om Christelike waardes, betekenisvolle tradisies en hoëgehalte-onderwys weg te gooi..

Ps 16:6 – “Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi”

Rooies is nie net ‘n skool nie!  Dit is meer as dit…  Dit is jou leefplek, speelplek, droomplek – dit is JOU plek!

HTS Middelburg is nie net die naam op jou matrieksertifikaat of getuigskrif nie.  Rooies is ‘n familie. Dit is jou droom wat waar geword het. Rooies is mense wat jy liefkry en ‘n naam wat jy met trots sê. Rooies is legendaries, rotsvas en trots. Ons het tradisies wat deur die geslagte bewaar word. Rooies het ‘n onsterflike passie vir kinders wat volwassenes word, wat legendes word en as jy hulle kans gee – helde en heldinne word. Trotse burgers van ‘n nasie vir die hele Suid-Afrika!

Die rooi, die wit, die blou...

Tuis

Kontakbesonderhede

013 282 6029

ontvangs@htsmiddelburg.co.za

bemarking2@htsmiddelburg.co.za

Adres
h/v Samora Machel & Zuidstraat

Laai die D6-kommunikeerder hier af: