Geskiedenis

hts middelburg tegniese skool

ENKELE HOOGTEPUNTE UIT DIE GESKIEDENIS VAN DIE SKOOL:

  • In April 1927 word die eenman-wamakerskool van Belfast na Middelburg oorgeplaas. Die hoof was meneer Lampen en daar was 5 leerlinge.
  • S.J.H. Mostert word in September 1927 aangestel as hoof. In Januarie 1929 word meneer J.P. Pretorius die nuwe hoof en in 1930 was daar ongeveer 65 leerlinge.
  • 12 September 1934: Die Goewerneur-Generaal besoek die skool en kondig ‘n openbare vakansie af vir 2 Oktober.
  • J.P. Pretorius sterf op 13 Augustus 1942 in Madagaskar terwyl hy in aktiewe diens van die SAW was. Hy word as hoof opgevolg deur mnr. J.M. Theron op 18 Januarie 1943. In 1943 word daar 4 tegniese rigtings aangebied.
  • 1 Julie 1945: Mnr. D.G. Smit aanvaar diens as hoof. Op 21 Januarie 1947 heropen die skool met 158 leerlinge.
  • 14 April 1964: Mnr. L.E. Smith word aangestel as hoof. Op 20 Januarie 1965 heropen die skool met 545 leerlinge.
  • 16 September 1971: Mnr. Z.L. Benadé word aangestel as hoof. Op 25 Januarie 1972 staan die leerlingtal op 735.
  • 28 Maart 1981: Mnr. J.F.W. Potgieter word die nuwe hoof. 6 Januarie 1982 –Die eerste 10 dogters word toegelaat. Op 24 September 1982 neem meneer H.J.A. Moore, -direkteur van onderwys die amptelike opening van die nuwe geboue waar. gedurende Januarie 1987 is daar 1 320 leerlinge in die skool.
  • Sedert 1983 word daar 8 tegniese rigtings aangebied.
  • In 1991 verower die eerste rugbyspan vir die eerste keer in die geskiedenis die Direkteurstrofee en gedurende 1992 verower die o/15-rugbyspan die Piet Krynauw trofee en word so die Transvaalse o/15-rugby kampioenspan.
  • Des 1993: Mnr. J.F.W. Potgieter tree af as hoof.
  • 1 Januarie 1994: Mnr. H.J. Miles van Belfast word die nuwe hoof. Die Pottie Potgieter
    Sportsentrum word voltooi en ingewy op 94/12/06.
  • 1985: Geslaagde oud-leerlingreünie in Augustus.
  • 1986: Eerste skool wat al die volgende trofeë in Rugby kon verower: Beeldtrofee (1ste span 1995), Pet Krynauwtrofee (o.15A 1992), Selatitrofee (o.16A 1995), Spiere van Rensburgtrofee (o.14A 1996)
  • 1997: Nuwe lapa langs skoolsaal word gebou om ekstra inkomste te genereer.
  • 1998: Wen die groottotaal (seuns en dogters) van die Interhoër vir die eerste keer in die geskiedenis.
  • 1999: Een sentrale kombuis met moderne toerusting vir al die koshuise word by koshuis Douw Smit geskep. Dogtershokkie begin.
  • 2000: 230 Dogters wen Interhoër Dogterstotaal. Oudleerlingbond gestig in September. Wen Super 16 kompetisie.
  • 2001: Seunskoor verwerf die hoogste moontlike ATKV-toekenning. Mnr. R.P.C. Jonker word aangestel as die nuwe hoof.
  • 2002: Jukskei wen Direkteurstrofee. Skool vier 75ste bestaansjaar. Amptelike ingebruikneming van Zuidstraat-ingang.
  • 2003: Nuwe ondersteunersklubhuis word in gebruik geneem. Twee boorgate word gesink.
  • 2004: Enigste skool met vier spanne in die kwarteind van die Beeldtrofee. Gholf eerstespan wen Mpumalanga. Beplanning vir privatisering van koshuise.
  • 2005: Swembad word toegegooi t.w.v. nuwe ontwikkeling.
  • 2006: Hoërskool Middelburg is terug in die Groot Skole-liga. Ons wen die Sportdag.o.15A Dogters-hokkiespan wen Noordvaal-finaal .
  • 2007: 14 van die 15 Rugbyspanne wen Mpumalanga. o.14A Netbal wen Noordvaal.
  • Atletiek – ASA – prestasies twee leerlinge. o.14 Hokkie wen liga en Mpumalanga. 1ste Hokkiespan wen Mpumalanga
  • 2020: ‘n Ongewone jaar. Uniek in wêreldgeskiedenis. COVID 19 neem die wêreld op horings. Sekere woorde en gebeure verkry nuwe betekenis: Grendelstaat/ maskers/sanitering/sosiale afstand/komorbiditeite/besighede tot niet/ werk vanaf die huis/skoolgaan tuis/afstandsonderrig/aanlyn onderrig/groepe op whatsapp/geen handskud/geen drukkies/geen sosiale byeenkomste/provinsiale grense gesluit
    Sekere aktiwiteite het plaasgevind in Januarie, Februarie en Maart
    TENNIS: 7 leerders verwerf Mpumalanga-kleure.
    MUURBAL: 2 leerders in Mpumalangaspan.Wees ‘n lig op die horison! | 32
    JUKSKEI: Alicia Whaling in Provinsiale span wat MPU verteenwoordig by Juniorkampioenskappe in Kroonstad vanaf 10-15 Januarie 2022.
    ADMATHS: Gr. 9 behaal 3de plek Nasionaal in eerste termyn 2020.
    Sekere kompetisies kon aanlyn voortgaan:
    DRAMA: 12 leerders neem deel aan Con Spirito fees. Nasionale wenners- Chenel Senekal: Redenaars 97%; CW Bezuidenhout en Liané Till – Dialoog 92%; Anchen en CW Bezuidenhout – improvisasie 91%; CW Bezuidenhout- Monoloog 95%. ATKV: Tienertoneel Monoloogkompetisie – 3 leerders verwerf 5 sertifikate.
    ONDERWYSERS: Termyn 4- Onderwysers Meestersgholftoernooi – H. Beeslaar- Kampioen
  • 2021: SKIET: 15 skuts opgeneem in Mpumalangaspan wat aan SA’s deelneem. Jeandré Kidson eindig 4de in o.16 Sporterklas.4 skuts in onderskeie A-spanne, verower brons medaljes.
    TENNIS: Verteenwoordig Mpumalanga by SA interprovinsiale toer- P.Wassenaar, T.vd Berg, D. Esterhuizen.
    NETBAL: Me. Natasha Malan- Nasionale keurder, All Ages toernooi o.16; verkies op Nkangala netbalbestuur. MUSSA- o.14-3de; o.15-2de; o.16A-2de; o.17A- 2de. TOPSKOLE-o.16A-11de uit 20. NKANGALA DISTRIKSPAN- o.14 – 7 spelers; o.15 – 8 spelers; o.16 – 6 spelers; o.17 – 5 spelers; o.18 – 4 spelers. NKANGALA UITSPELE: o.15 (14 A’s) 1e; o.15 (15 A’s) 3de; o.17 (16 A’s) 2de; o.17 (17 A’s) 3de. MPUMALANGA UITSPELE: o.15 (15 A’s) 3de; o.15 (14 A’s) 4de; o.17 (16A’s) 3de; o.17 (17 A’s) 4de. AFFIE TOERNOOI -o.14 -13de uit 16 skole; o.15 – 7de uit 16;o.16 – 7de uit 16; o.17 – 12de uit 16; o.18 – 10de.
    MUURBAL: Mpumalangaspan: Zander Grobler. B-span: tweede, interhoër.
    BERGFIETSRY: Begin 2020.2021 – eerste amptelike deelname. 4de plek in MP. Danica du Plessis, Luanette v Zyl – individueel 3de plek in MP.
    KULTUUR: Artiumdeelname -60 plus items. Drama afdeling -7 diplomas, 12 goue toekennings. Con Spirito -Finale Nasionale rondtes -24 diplomas, 10 itemwenners.
    Talent Africa – deelname, uitstekende prestasies.
    Anchen en CW Bezuidenhout-Senior kultuurtoekenning vir 2021. Liané Till en Morgan Corbett (Gr. 7) Junior kulltuurtoekenning vir 2021.
    WISKUNDE: Olimpiade – Juniors -Zak van Niekerk: Top 3 in Mpumalanga. Wenner van kwantiel 4 in MP. Seniors – Lex v Wyk – Wenner van kwantiel 4 in Mpumalanga.
    BUITE SKOOLVERBAND:
    KARATE: CW Bezuidenhout JKS SA Karate – Deelname Elite kategorie – Goud vir Kata; Brons vir Kumute; deel van SA-span; gaan deelneem aan Wêreldkampioenskappe in 2022.
    REDENAARS: ATKV Lily Mtsweni (Gr. 9) – Wen MP, 2de Nasionaal.
    ATLETIEK: SA Kampioenskappe: 6 deelnemers. Vene Esterhuyse (Gr. 8) 3de 400m,
    2de wisselaflos. Lika Olivier(Gr. 9) 3de 800m, 2de wisselaflos. Puma School of Speed – Jansen Bell: wen 800m.33 | 96 Jaar van TROTS
  • 2022: AKADEMIE: 2021 uitslae – 100% slaagsyfer
    4 x 7 onderskeidings
    3 x 6 onderskeidings
    1 x 5 onderskeidings
    3 x 4 onderskeidings
    Totaal van 126 onderskeidings vir 160 leerders.
    132 leerders kwalifiseer vir Baccalaureus-studie en
    27 leerders kwalifiseer vir diplomastudie.
    ATLETIEK: 9 verteenwoordigers by SASA-kampioenskappe – 1 goud, 3 brons; 7 verteenwoordigers by ASA-kampioenskappe – 2 silwer, 2 brons; 1 verteenwoordiger opgeneem in COSSASA-span
    BERGFIETSRY: 2 leerders opgeneem in die Mpumalanga-span – 2 Brons
    BUITE SKOOLVERBAND: 2 leerders verwerf SA-kleure in Karate; 4 leerders neem deel aan die internasionale Stars of the Unisverse-kompetisie vir uitvoerende kunste – 19 goud in verskeie afdelings; 1 leerder verteenwoordig Suid-Afrika in Skopboks by ‘n Afrika-byeenkoms
    DANS: 16 leerders neem deel aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste – 1 goud, 2 silwer; 16 leerders word opgeneem in die Suid-Afrikaanse span wat in 2023 in Amerika sal deelneem; 1 leerder neem deel aan die virtuele Wêreldkampioenskappe en behaal ‘n silwer medalje
    GHOLF: 1 leerder verteenwoordig Mpumalanga by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe
    KOOR: 1 leerder word opgeneem in die Mpumalanga Jeugkoor
    KULTUUR: 3 leerders word opgeneem in die SA-span wat in 2023 in Amerika sal deelneem
    LANDLOOP: Die landloopspan wen die Interhoër; 12 verteenwoordigers by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe
    LUGGEWEERSKIET: Die skoolspan wen die Mpumalanga-liga; 19 leerders verteenwoordig Mpumalanga by die Suid-Afrikaanse Skole Kampioenskappe; 2 skuts ontvang Brons SANSSU-kleure
    MUURBAL: 3 leerders verteenwoordig Mpumalanga by die Suid-Afrikaanse Plattelandtoernooi; Die B-span seuns wen die liga
    NETBAL: Die o.16B- en o.17A-span is Mpumalanga-wenners; 14 Dogters word opgeneem in onderskeie Mpumalanga-spanne
    REDENAARS: 2 leerders verteenwoordig Mpumalanga by die nasionale redenaarskompetisie – een 2de plek; 1 leerder neem deel aan die Con Spirito-redenaars en word aangewys as nasionale wenner
    RUGBY: 1 seun word opgeneem in die Mpumamlanga Grant Khomo-span; 2 seuns word opgeneem in die Mpumalanga Cravenweekspan; 1 seun word opgeneem in die Mpumalanga 7’s Cravenweekspan
    TENNIS: 4 leerders verteenwoordig Mpumalanga by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe
    KRIEKET: 1 seun word opgeneem in die Mpumalanga o.15A-span; 1 seun word opgeneem in die Mpumalanga o.16A-span; Die o.15A-span wen die Mpumalanga-liga
    STOEI: 2 seuns verwerf Mpumalanga-kleure
    1 seuns verwerf 2 de plek by SA’s.

akademie hts middelburg tegniese skool onder