ALGEMEEN
Serve Sumus… ONS DIEN! Dit is waarvoor HTS Middelburg staan, dit is ons leuse, ons dryfkrag, ons begin- en eindpunt!
HTS Middelburg dien sy leerders om hul uit te stuur as seuns en meisies wat geken sal word aan hul eerbare karakter, leerders wat gelei is op pad na volwassenheid deur onderwysers wat werklik omgee vir elke individu. Ons dien deur elke Rooie die kans te gee om suksesvol hulself te ontwikkel. Ons bied talle geleenthede, hetsy dit op akademiese vlak (ons eerste prioriteit), kultuur- of sportgebied is. Sukses vir die individu beteken sukses vir die hele skool! Hier wil ons werk, dien en koershou, want ons jeug is die toekoms van Suid-Afrika!