SIELKUNDIGE DIENSTE
As jy iemand anders teen die steiltes van die lewe uithelp, bereik jy self ook die top.
William Barclay(1907-1978)
By HTS Middelburg streef ons daarna om elke leerder te help om sy volle potensiaal te bereik en daarom
skroom ons nie om die ekstra myl te loop nie. Ons akkommodeer leerders met spesiale behoeftes.
Om te kwalifiseer vir konsessie, moet die leerder ‘n onlangse, volledige verslag van ‘n opvoedkundige
sielkundige hê wat dan saam met ‘n aansoek by die Departement van Onderwys ingedien word vir
goedkeuring.