ROOIES BOND
“Ons Dien vir ons kinders’’
Kom sluit aan by HTS Middelburg se Rooies Bond!
Die klub is oop vir huidige ouers, oud-leerders, voormalige HTS Middelburg-ouers en personeel en ander gemeenskapslede wie se bloed Rooi is. Die Rooies Bond bied jou die geleentheid om jou lojaliteit en ondersteuning aan die skool op verskeie gebiede uit te leef.
Hoe sluit jy aan by die Rooies Bond?
- Stuur n e-pos aan admin@rooiesbond.co.za of n Whatsapp boodskap na Ans Hall 074 116 2720 en versoek die aansoek vorm.
- Voltooi die aansoek en stuur dit terug na die epos met bewys van betaling soos aangedui op die vorm.
- Jy sal na registrasie en ontvangs van bewys van betaling ‘n bevestiging van registrasie e-pos ontvang met jou lidmaatskapnommer en erkenning van lidmaatskap.
- Jy ontvang n lapel wapen wat jaarliks met hernuwing van lidmaatskap uitgegee word..
Waarom die Rooies Bond?
Die doel van die Bond is om ‘n sosiale platvorm te skep wat die samesyn en eenheid van oud- en huidige belanghebbendes, ondersteuners en die Middelburg gemeenskap sal bevorder. Dit bied ook aan ondersteuners die geleentheid tot unieke geleenthede om saam te kuier en die skool te ondersteun.
Alle fondse wat deur die Bond ingevorder word deur verkope en borge word direk aangewend binne HTS Middelburg vir kulturele, akademiese en sport behoeftes van leerlinge. Die Rooies Bond allokeer ook fondse na die skool waar daar projekte geloods word om die terein en gebou te verbeter of te onderhou. . Belanghebbendes kan dus ook deur die Rooies Bond donasies aan die skool maak vir die uitbou en vooruitgang van die skool.
Watter voordele ontvang ek deur aan te sluit by die klub?
- Jy ontvang jou Rooies Bond Lapel wapen
- Jy kry toegang en uitnodigings tot spesiale Rooies Bond geleenthede en sosiale geleenthede vir ons ondersteuners.
- Jy word op datum gehou van datums en geleenthede waar jy die skool kan ondersteun.
- Jy kan unieke ondersteuners drag en handelsware aankoop.
- Gratis toegang tot alle tuis sport byeenkomste wat deur HTS Middelburg aangebied word.
- Lede kry te alle tye voorrang vir toegang tot die Rooibul Hoek tydens sport en ander byeenkomste. Die Rooibul Hoek word uitsluitlik deur lede van die Rooies Bond gebruik.
- Wat is die kostes verbonde?
Jaarlikse ledegeld beloop R300.
Is daar ander ondersteuners drag beskikbaar?
Ondersteuners drag en handelsware is te koop by die Rooies Bond Winkel te HTS Middelburg. Ons het n wye reeks klerasie wat by elke smaak sal inpas.
Ek wil nog meer betrokke raak, wat doen ek?
Kontak Ans Hall by 074 116 2720 , Natascha Olds by 082 333 8547 of e-pos ons by admin@rooiesbond.co.za
Projekte en finansiële Ondersteuning die afgelope twaalf maande:
- Derby 2023
- Wamakersfees 2023
- Rugby Trui veiling.
- Spreiligte by die Astro Hokkie baan.
- Verbeteringe aan die krieket losie.
- Verbetering van die uitdraf tonnel by die stadion.
- Bou en verbetering aan kleedkamers by die stadion
- Verbeteringe aan die Rooibul Hoek.
- Opening van die Rooies Bond Winkel.
- Bystand deur Rooies Bond Lede by verskeie funksies en skool geleenthede.
- 103 leerders wat vir provinsiale spanne gekies is , het sakgeld ontvang.
- Toergelde bystand vir behoeftige leerders.
- Ons het verskeie borge ontvang vir die aankoop van sport toerusting.
Beplande Projekte en finansiële ondersteuning vir 2024
- Wamakersfees 2024
- Finansiële ondersteuning aan behoeftige leerders vir skool en koshuisgelde asook toergelde soos fondse beskikbaar gestel word.
- Afdakke by die Astro Hokkie veld.
Soos u in die aanhef sien dien ons in die Rooies Bond vir ons kinders, HTS Middelburg en ons gemeenskap. Ons het u as lid nodig om die Bond te ondersteun hetsy finansieël of deur u kennis of net om hand by te sit by projekte.
Elke Rand en elke Hand tel!