ONS MISSIE

Ons Missie

Die skool vind sy grondslag in die aanvaarding van die Bybel as die woord van die Drie-Enige God en om as Opvoedkundige instansie ons kinders met beroepsgerigte, internasionaal erkende opvoeding na behoorlike volwassenheid te lei.

Die skool se opgeleide en doelgerigte personeel sal die vermoëns van ons kinders mobiliseer ter bereiking van hulle ideale en die verwesenliking van ons skool se beleid soos verwoord in die grondwet.

Die strewe van ons skool is om gekwalifiseerde en gemotiveerde landsburgers te help vorm en om by te dra tot die ontwikkeling van die gemeenskap, tot uitnemendheid op elke terrein van die lewe.

MAG GOD ONS LEI

akademie hts middelburg tegniese skool onder