TYDSVERLOOP VAN INSKRYWINGS
Voornemende ouers en voornemende Blougatte (Graad 7-leerders) is enige tyd welkom om by HTS Middelburg besoek af te lê. Dit is vir ons belangrik dat nuwe ouers en leerders ons skool so gou as moontlik moet leer ken. Kom stap ‘n draai deur die skool, maak ‘n afspraak met ons personeel, woon ons sport-, kultuur- en/of kuiergeleenthede by en volg ons op Facebook en Instagram. Skooltoere kan ook geskeduleer word op die tuisblad van ons webtuiste.
Die tydsverloop van inskrywings vir graad 8’s verloop as volg:
- 24 April: Opedag vir graad 7’s en hul ouers by HTS Middelburg
- April tot Julie: Skooltoere en persoonlike onderhoude met die hoof en skoolbestuur. Onderhoude is vrywillig indien u ‘n behoefte aan persoonlike gesprekke te voer. Stuur gerus vir ons ‘n e-pos by bemarking@htsmiddelburg.co.za om so ‘n gesprek te skeduleer.
- Mei tot Julie: Voltooiing van die aanlynaansoek met stawende dokumente.
- Einde Julie: Die Departement van Onderwys verlang die getalle van die inskrywings van al die graad 7-leerders in die publieke laerskole in die Middelburg omgewing en Mpumalanga.
- September tot November: Plasing van graad 7-leerders huidiglik in publieke laerskole in Mpumalanga.
- Gedurende Oktober: Blougatbraai vir ouers van ingeskrewe Amper-Blougatte by HTS Middelburg.
Rig enige navrae ten opsigte van inskrywings aan: bemarking@htsmiddelburg.co.za of rooies@htsmiddelburg.co.za of blougat@htsmiddelburg.co.za