Trompoppies

2016 is die 8ste bestaansjaar van trompoppies as aktiwiteit by HTS Middelburg.  Hulle ontvang ‘n bronstoekenning by die Nkangala-kompetisie in 2015.

  • In 2009 kwalifiseer die Rooi trom-poppies om deel te neem aan die SA-Skolekampioenskappe in Bloemfontein.
  • In 2010 kwalifiseer die span wéér en neem deel aan die SA-Skolekampioen-skappe te Belville, Kaapstad.
  • In 2011 behaal Simoné van Graan ‘n eerste plek as hoofleidster in die “Small Drill”-kompetisie en die Rooies kwalifiseer vir die 3de opeenvolgende jaar vir die SA-Skolekampioenskappe in Durban.
  • In 2012 wen Simoné van Graan twéé eerste plekke as hoofleidster in die “Small Drill”-kompetisie.
  • In 2013 is dit Nicquille van Graan se beurt om ‘n eerste plek as hoofleidster te verwerf in die “Small Drill” -kompetisie tydens ‘n Nkangala-ligakompetisie.
  • Behaal in 2013 ’n derde plek by SA Kampioenskappe te Polokwane in die Presidentsliga.

Besondere individuele prestasies:

  • Chelsea Eager:  Junior SA-kleure in 2010
  • Ansu-Mari Malan:  Mpumalanga-kleure in 2011
  • Ilze Deetlefs:  Mpumalanga-kleure in 2011
  • Elsa du Preez:  Mpumalanga-kleure in 2011
  • Melissa Eager:  Junior SA-kleure in 2012
  • Simoné van Graan:  Senior SA-kleure in 2012
  • Nicquille van Graan:  Senior SA-kleure in 2012