Rooibulprestasies in 2018

Juniors – erekleure

  1. Erasmus, Khirwan W                          10G4

Word opgeneem in die Mpumalanga Grant Khomo-span.

Seniors – erekleure

Word opgeneem in die Mpumalanga Grant Khomo-span.

  1. Vermaak, Alec T                                             10G3
  2. Oosthuysen, Marthinus J                                10G1

Lid van die span wat die Mpumalanga 7’s-Kampioenskappe wen, aan die Noordvaal-Kampioenskappe deelneem én tydens Oktober 2018 aan die “School of Excellence”-toernooi deelneem.  Word opgeneem in die Mpumalanga Grant Khomo-span en is die kaptein van die o.16A-skoolspan.

  1. Vlok, Arnoldus C                                            10T1

Lid van die span wat die Mpumalanga 7’s-Kampioenskappe wen, aan die Noordvaal-Kampioenskappe deelneem én tydens Oktober 2018 aan die “School of Excellence”-toernooi deelneem. Hy word ook in die Mpumalanga 7’s-Cravenweekspan opgeneem.

  1. Visagie, Cyle                                                   10G3

Lid van die span wat die Mpumalanga 7’s-Kampioenskappe wen, aan die Noordvaal-Kampioenskappe deelneem én tydens Oktober 2018 aan die “School of Excellence”-toernooi deelneem. Hy word opgeneem in die Mpumalanga Cravenweekspan.

  1. Odendaal, Juandré                                         11G3

Lid van die span wat die Mpumalanga 7’s-Kampioenskappe wen, aan die Noordvaal-Kampioenskappe deelneem én tydens Oktober 2018 aan die “School of Excellence”-toernooi deelneem. Hy word opgeneem in die  Suidoos-Transvaal o.19-Bokkiespan asook die Cravenweek 7’s-span.

  1. De Villiers, Mariano R                                   11T2

Lid van die span wat die Mpumalanga 7’s-Kampioenskappe wen, aan die Noordvaal-Kampioenskappe deelneem én tydens Oktober 2018 aan die “School of Excellence”-toernooi deelneem. Hy verteenwoordig Mpumalanga tydens die Cravenweek in die 15- sowel as 7-manformaat. Ricardo is ook die kaptein van die Cravenweek 7’s-span.

  1. Schönfeldt, Ricardo                                        11G3

Lid van die span wat die Mpumalanga 7’s-Kampioenskappe wen en aan die Noordvaal-Kampioenskappe deelneem. Hy word opgeneem in die Mpumalanga Grant Khomo-span en verkies tot lid van die Green Squad.

  1. Mare, Johannes W                                          10T1

Rooies neem deel aan die Virsekerbeker (Bekerafdeling) met 14 spanne.
ROOIES se juniorspanne neem deel aan die Wildeklawertoernooi te Kimberley.

7’s-Rugby

Rooies se  7’s-span O/17 wen ‘n goudmedalje tydens die Mpumalanga Kampioenskappe.

Neem deel en behaal ‘n 9de plek tydens die School of Excellence by Randburg.

7’s-rugby se O/15’s  neem deel aan die kampioene reeks van twizza en behaal ‘n 3de plek.

2 spelers in Cravenweekspan.
5 spelers in Grant Khomo span.

Klik hier vir Rooies-terugflits op 2018

Rooibulprestasies in 2017

4 Cravenweekspelers, 2 Grant Kgomospelers, 4 A-spanne speel in Kwartfinaal van Virsekekerbeker.

Rooibulprestasies in 2016

7 van 10 spanne wen teen MHS gedurende die Classic Clash.

ROOIBULLE en juniorspanne neem deel aan die Wildeklawertoernooi te Kimberley.

Rooibulle speel in die Makroskole Beeldfinaal

7’s-Rugby

Rooies se O/17 7’s-span wen silwer medaljes in Dubai.  7’s-Toernooi teen Frankryk se O/18-span.

Selfs die Springbok 7’s-span het aan hierdie Prestige Toernooi deelgeneem.

 

Rooibulprestasies in 2015

8 van 10 spanne wen teen MHS gedurende die Classic Clash.

ROOIBULLE en juniorspanne neem deel aan die Wildeklawertoernooi te Kimberley.

Rooibulle speel in die Makroskole Beeldfinaal.

 

Provinsiale spelers

Van 1969-2015 lewer HTS Middelburg 159 Cravenweekspelers op!

Cravenweek 7’s:

2011 – 7 spelers (Kwagga Smith)

2012 – 5 spelers

2013 – 5 spelers (Wilandre Kotzenburg)

2014 – 6 spelers

2015 – 2 spelers (JC Pretorius)

Provinsiale afrigters en keurders vir 2013 – 2016:

Cravenweekspankeurder: mnr Alec Strydom

Cravenweekspanafrigter: mnr. Coené Nolte

Besondere rugbyprestasies

SA-Skolespanspelers: Jan Lock (1984), Grant Bartle (1995, kaptein), Jacques Coetzer en Kobus Kruger (1996), Marthinus (Pellow) vd Westhuizen (2001), Stoffel Duvenage (2004), Divan Kapp en Lehan Koekemoer (2005), Janó Venter (2012), Barend Smit (kaptein).

SA-Skolespanafrigter: mnr Poerie van Rooyen (2011).

SA-Universiteitespan: Marthinus vd Westhuizen (2005), Deon Helberg (2009).

SA-Ouderdomspanne: Marthinus vd Westhuizen (SA O/20 2002 en 2003;SA O/21 2004), Lehan Koekemoer (SA O/20 2005) en Kwagga Smith (SA O/20 2013).

Springbokke: Bakkies Botha

Springbok 7’s: Deon Helberg (2009) en Kwagga Smith (2012-2014).

SA O/18-7’s: Willandré Kotzenberg (2012) – span wen goud in Australië!

SA O/18-7’s:  JC Pretorius(2015) wen goud in Samoa

SA O/16 Elite-groep: Hendrik la Grange (2006), Stiaan Barnard (2008), Wayne Allen (2010, word in Top 18 gekies), Barend Smit en Lohan Bennett (2012).

SA Noordelike Bondespan: Hendrik la Grange en Vusi Mathonsi (2008), Janó Venter, Willandré Kotzenberg en JP Zaayman (2012).

Provinsiale Seniorspanne: 24 oud-Rooies draf in 2011/2012 uit in die truie van die Leeus, Blou Bulle, Luiperds en Pumas.