Landsdiens

Seniors – erekleure

Johanna Senekal word tydens die Nasionale Kamp in Desember 2017 aangewys as leier en doen diens in dié posisie.

Landsdiens word aktief deur die ROOIES beoefen, asook ouerlede en oud- HTS (studente) lede.

Alle aktiwiteite/projekte wat beplan word, berus op 4 pilare:

  1. Liefde vir God
  2. Liefde vir die natuur
  3. Liefde vir jouself
  4. Arbeidsaamheid

Projekte/aktiwiteite word kwartaalliks beplan soos:

  • Bethésda – bak van koekies, lees stories, uitdeel van speelgoed
  • Besoeke aan ouetehuise – Valentynsdag/bemoediging en omgee
  • Opvoedkundige uitstappies
  • Handwerk: T-hemp verf, “scrapbooking”, lekkergoedbome maak en hengelvliegies,
  • Avontuuraktiwiteite soos perdry, absail, stap, duik te Sodwana en Mosambiek
  • Kinderhawe –en hospitaalbesoeke
  • Tans 20 lede in duikklub (CMAS-opleiding)
  • Arbeid en fondsinsamelings

GEKIES VIR NASIONALE KAMP:

Indien jy ‘n persoon is wat daarvan hou om diens te lewer en na jou naaste uit te reik – dan is Landsdiens vir jóú!!