
2018
Juniors – halferekleure
Behn Heyns is lid van die Eerste Gholfspan wat die skool by die Nasionale Hoërskoolkampioenskappe in Stellenbosch verteenwoordig.
Seniors – halferekleure
Wynand van Dyk is lid van die Eerste Gholfspan wat die skool by die Nasionale Hoërskoolkampioenskappe in Stellenbosch verteenwoordig.
Seniors – erekleure
Heinrich Venter word opgeneem in die Mpumalanga-span en verteenwoordig Mpumalanga by die interprovinsiale toernooi. Hy neem deel aan die Nasionale Hoërskoolkampioenskappe.
Reghard Viljoen word opgeneem in die Mpumalanga-span en verteenwoordig Mpumalanga by die interprovinsiale toernooi. Hy neem deel aan die Nasionale Hoërskoolkampioenskappe. Hy is kaptein van die Eerste Gholfspan en is 4 jaar lid van die span. Reghard word aangewys as die beste individuele speler by die Tuks-reeks en eindig algeheel sewende by die Nasionale Hoërskoolkampioenskappe.