Atletiek 2016

10 BESTANDDELE VIR ROOIES-ATLETIEK SE SUKSESRESEP:

1.         Prestige tuisbyeenkomste teen die bestes in die land

2.         Rooies-atletiekklub

3.         UJ Prestige Interhoër

4.         Oefenkampe

5.         Professionele afrigting

6.         Padwedlope

7.         ASA-landloop en SA’s

8.         Gekwalifiseerde afrigters

9.         Betrokkenheid by atlete (omgee en liefde)

10.       Kweek van goeie sportmanskap

Dié suksesverhaal van Rooies-atletiek is te danke aan die atlete se vasbytgees, massadeelname en toewyding, asook die skool se deelname aan prestige byeenkomste soos die UJ Prestige Interhoër. Dit is danksy blootstelling aan sterk kompetisie soos Helpmekaar, Kemptonpark, Menlopark, Afrikaans Hoër Meisies, Afrikaans Hoër Seuns, Linden, Florida, Noordheuwel en Waterkloof (wat almal gereken word as van dié groot skole in atletiekkringe!) dat die ROOIES-atletiek van krag tot krag gaan!

2016

Nie minder nie as 14 ROOIES-atlete het vanjaar aan die SA Kampioenskappe deelgeneem en verskeie prestasies by die ASA- en USASSA-Kampioenskappe behaal.  HTS Middelburg se steratlete behaal ‘n skitterende tien top 10- en nege top 20-plekke!  Daar kan met sekerheid gesê word dat die ROOIES ‘n atletiekkrag is waarmee rekening gehou moet word…

HTS Middelburg behaal die volgende prestasies by die USASSA-Kampioenskappe:

Zhander Briedenhann (O/15) Gewigstoot:  16,95m, 3de
Gretl Rens (O/17) 400mH:  0:63,32s, 4de

HTS Middelburg behaal die volgende prestasies by die ASA-Kampioenskappe:
Edwin Till (O/15) Gewigstoot:  16,58m, 1ste
Zhander Briedenhann (O/15) Gewigstoot:  16,27m, 3de
Henry Payne (O/15) 300mH:  39,32s, 4de
Edwin Till (O/15) Hamergooi:  45,10m, 5de

Afrigtingskorps: Onder die bekwame afrigting van uitstekende afrigters floreer ons atlete.  Afrigting strek vanaf Augustus tot April.  Vele massabyeenkomste en SA Kampioenskappe vir ons uitblinkers is verseker die sleutel tot ons sukses!