Akademie is ons prioriteit nr.1!

AKADEMIE

Akademiese uitnemendheid is vir ons ononderhandelbaar! Daarom is ons hoogs gekwalifiseerde, opgeleide, toegewyde personeelkorps op die akademiese voorpunt in die provinsie en is op provinsiale én nasionale vlak by vraestelaangeleenthede en studiekomitees betrokke.

HTS Middelburg is trots om dié sentrum in Middelburg vir Gevorderde Program Wiskunde (“AdMaths”) waar Wiskunde-slimkoppe dié vak kan neem ter voorbereiding vir universiteit te hê!

Ons is die skool in Mpumalanga met die meeste matrikulante wat Wiskunde (nie WG nie) én Fisiese Wetenskappe neem én slaag!

HTS-leerders kan, na Gr. 12, in enige studierigting aan enige tersiêre inrigting gaan studeer.  Ekstra klasse (sowel as Winter- én Lenteskool vir matrikulante) word met groot welslae aangebied.   Ons is trots op elke Rooie wat die beste volgens sy/haar akademiese potensiaal presteer!

Akademie skep vir ‘n kind toekomsgeleenthede, daarom is dit ons hoogste prioriteit by HTS Middelburg!

HTS Middelburg se 2017-matrikulante én die personeel is baie opgewonde en, terselfdertyd dankbaar vir uitstekende prestasies na afloop van die bekendmaking van die Gr. 12-uitslae.

Behalwe vir ’n uitstekende 100%-slaagsyfer, is ons baie trots op uitsonderlike individuele prestasies.

Matrikulante wat 7 A’s verwerf het: Karini Maritz, Nadine Joubert en Anré Augustyn. Matrikulante wat 6 A’s verwerf het: Sunette Engelbrecht, Gerrie Herbst en Gretl Rens.  Matrikulante wat 5 A’s verwerf het: Zané Haüsler, Marisca Hough, Ruan Naudé, Willem Pieterse en Jaco van Wyk. ’n Verdere 9 kandidate het 4 onderskeidings ingeoes.

In totaal het 195 kandidate 202 A’s en 332 B’s verwerf.  119 Kandidate (61,02%) voldoen aan die minimum vereistes vir graadstudies en 75 (38,46%) vir diploma- of hoër sertifikaatstudies.

Vakke wat buitengewoon goed gevaar het, is:

Engels EAT:  25 A’s met ’n gemiddeld van 66.3%

Afrikaans Huistaal:  9 A’s met ’n groepgemiddeld van 59,8%

Wiskunde:  12 A’s met ’n gemiddeld van 57,1% vir 101 kandidate.

Fisiese Wetenskappe:  10 A’s uit ’n groep van 82 kandidate; gemiddeld 53,7%

Lewenswetenskappe:  7 A’s met ’n gemiddeld van 63%

RTT:  15 A’s en die groep van 44 behaal ’n 74,18%-gemidde

Gasvryheidstudies:  3 A’s uit ’n groep van 11 kandidate met ’n 68,5%-gemiddeld.

Visuele Kuns:   8 A’s deur slégs 18 kandidate met ’n gemiddeld van 73,2%

Meganiese Tegnologie:  6 A’s, Rekeningkunde 3 A’s met ’n klasgemiddeld van 70%

In totaal het 195 kandidate 202 A’s en 332 B’s verwerf.

Enige droom waarvoor ’n mens skouer aan die wiel sit, ís binne jou bereik! Kom gryp die geleenthede aan wat dié skool jou bied! Kom realiseer ook jóú drome aan hierdie Rooiskool: dis dubbeld en dwars die moeite werd!  Akademie is en bly Rooies se nr.1-prioriteit!